diensplig.org is nou ‘n boek

"Een van die belangrikste boeke wat die afgelope dekade in Afrikaans verskyn het." - Koos Kombuis

Stories wat grense oorskry

 

Drie dekades van militêre diensplig tydens die Grensoorlog en burgerlike onluste vanaf 1966–1993 het ‘n verreikende impak op meer as een generasie Suid-Afrikaners gehad.

Vir dié van ons wat as deel van die Born Free generasie grootgeword het, is diensplig ‘n waas van grappies om ‘n braaivleisvuur, ‘n genadelose rugbyafrigter, stille bekwaamheid op ‘n jagekspedisie, ‘n vergete kitaarakkoord, uitbundige kameraderie by skoolreünies, ‘n gade se simpatieke blik, ‘n swyg, of ‘n uiting van: “My kind, dit het niks met julle uit te waai nie.”

PW het sy weergawe gehad. Vertel ons joune.

H_Springbok.jpg

Wat is Diensplig?

Diensplig is ‘n onpartydige, onafhanklike mondelingse geskiedenisprojek.

Het jy iets om oor militêre diensplig tydens Apartheid te sê? Al wat jy benodig is jou slimfoon, ‘n stil kamer, ‘n goeie gespreksgenoot indien verkies, en ‘n bietjie waagmoed. Stuur vir ons jou storie en ons omskep dit in ‘n potgooi.

Ons weet daar het ook snaakse goed gebeur. Vertel vir ons ‘n grappie.

 

Wie is Diensplig?

Diensplig is ‘n projek deur Herklink. Ons missie is om trauma met stories te versoen. Diensplig streef daarna om die generasie wat in die Nuwe Suid-Afrika tot volwassenheid gekom het, insig te gee oor die tydsgees waarin ons ouers grootgeword het. As ons jul storie beter verstaan, sal ons kan werk maak daarvan om ons eie storie te vertel: van ‘n oper, vryer Suid-Afrika waarin ons kinders voorspoedig leef.

 

Diensplig.org in die nuus

  • Nuwe boek oor SA se dienspligtiges

    "Een van die belangrikste boeke in Afrikaans wat die afgelope dekade verskyn het." So sê Koos Kombuis in sy videoresensie van DIENSPLIG: HOEKOM STOTTER ONS PA'S SO? Ons praat met Anelia, al die pad uit Berlyn, oor haar boek.

    Luister hier

  • Diensplig: Hoekom stotter ons pa's so?

    Anelia Heese vra in nuwe boek: Hoekom stotter ons pa’s so wanneer ons oor diensplig wil gesels?

    Lees hier

  • Resensie deur Koos Kombuis

    Die kaalkopwaarheid oor grond en ’n verlore generasie dienspligtiges

    Kyk hier

  • Resensie - Vrye Weekblad

    Gerrie Snyman https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2023-09-15-morele-kompas-petrolbomme-en-casspirs/

  • Diensplig: Hoekom stotter ons pa's so?

    Onderhoud met Murray La Vita vir Netwerk24

    Lees hier

  • Monumente om te onthou; óf om te vergeet-om-te-onthou

    Artikel vir Vrye Weekblad

    Lees hier

  • Luister: Vertel jou stories oor die grensoorlog in klank

    Onderhoud met Este Meyer Jansen vir Maroela Media

    Lees hier

 

“Die weermag het nie gediskrimineer nie, ten minste nie vir die eerste 2 jaar nie.

Almal was maar ewe k*k as jy daar aankom.”

 

“Daar was baie meer storie'tjies as wat daar bloed was.”

“Ek het dit gehaat om in die townships in te gaan. Ek het dit gehaat.”

Crimplene was daai dae aan die orde van die dag. Baie spoggerig!
— Arina, Soldoedies

“Dit was nie so erg nie. Meeste van ons het maar net army toe gegaan en dan hoop jy maar jy kom lewendig daaruit.”

 

“Ja, my pa praat mos so in raaisels.

Ek het nog nooit rêrig ‘n incident report gekry nie.”

 

“Ag, ons het maar net in die townships ingegaan en patrollie gehou.”