oor die skrywer

Anelia Heese is ’n maatskaplike entrepreneur en digitale innovasiekonsultant. Haar podsendingprojek, diensplig.org, is ’n poging tot intergenerasionele gesprekvoering oor rasgebasseerde geweld in Suid-Afrika. Sy skryf graag liefdesbriewe vir haar enigste ware tuiste, Suid-Afrika, en beplan elke jaar om terug te keer sodat sy weer kan boer.

Herklink: Herinnering in Klank

Diensplig is ‘n projek deur Herklink.

Herklink help Suid-Afrikaners om tydens grendeltyd te rou met waardige virtuele begrafnisdienste. ‘n Oudiogedenkdiens is ‘n professionele klankverwerking van huldeblyke, uniek en eie aan jou familie.

Familie en vriende stuur vir ons stemboodskappe aan waarmee hulle ‘n huldeblyk aan die afgestorwene lewer. Ons redigeer hierdie huldeblyke, met passende agtergrondmusiek, in ‘n keurige oudiodiens.

Dankie vir die oudiodiens. My ma leef in elke storie. Dis ‘n kosbare skat wat ons vir ewig kan koester.

Herklink in die media